ontrou ongetroud

jy mag my meisie wees, elke paar jaar, maar
jy is nie my vrou nie.
my vrou is die maan waarna die gety van my bloed gepomp word.
my meisie is die wit-silwer skroeiende son wat my deurboor.
jy mag my vriendin wees, ons verstaan mekaar, maar
jy is nie my vrou nie.
my vrou is die sneeu bedekte berge waar ek myself kan verloor en vind.
my meisie is die kaal vlaktes waar ek ombeskermd wag.
jy mag my vyand wees, ek het jou hart verraai, maar
jy is nie my vrou nie.
my vrou is die onrustige swart see wat my sluk en verteer en weer geboorte gee.
my meisie is die wete dat haar redding in haar ontsnapping le.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.